Georgië
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Georgië is 'n Eurasiese land in die Kaukasiese gebied geleë aan die ooskus van die Swart See. Die buurstate van Georgië sluit in Rusland (noord), Turkye en Armenië (suid) en oos deur Azerbeidjan.
Georgië was slegs die tweede land na Armenië wat die Christelike godsdiens as staatsgodsdiens in die 4de eeu na Christus aanvaar het. 80% van die 4,6 miljoen inwoners van die land is Georgiese Ortodokse Christene, terwyl 2% Russies Ortodokse Christene en 4% Armenies Ortodokse Christene is.
Georgië het 'n demokraties verkose staatshoof. Mikhail Saakashvili beklee tans hierdie pos. Vanweë Saakashvili se goeie verhoudinge met die VSA, het Georgië in April 2008 vergeefs probeer om 'n lidland van NAVO te word. Dit was onder groot protes van Rusland, wat Georgië en ander oud-Sowjet state steeds as deel van hul invloedsfeer beskou.
Dit het ook in onlangse jare aanleiding gegee tot heelwat konflik tussen Georgië en Rusland. Twee streke van Georgië, met 'n meerderheid Russiese inwoners is al jare in 'n gewapende stryd teen die Georgiese regering betrokke en leef in onverklaarde onafhanklikheid, naamlik Abkasië en Suid-Ossetië. Rusland het ook ekonomiese sanksies teen Georgië ingestel.
[wysig] Verwysings
- ^ Georgia, from CIA World Factbook
| Lande van Asië |
|---|
|
Afganistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kazakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Palestynse Grondgebiede - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus Afhanklike gebiede: Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. |
Albanië| Andorra| Armenië2| Azerbeidjan1| Belarus| België| Bosnië-Herzegowina| Bulgarye| Denemarke| Duitsland| Estland| Finland| Frankryk| Georgië1| Griekeland| Hongarye| Ierland| Italië| Kazakstan1| Kroasië| Letland| Liechtenstein| Litaue| Luxemburg| Malta| Macedonië| Moldowa| Monaco| Montenegro| Nederland| Noorweë| Oostenryk| Oekraïne| Pole| Portugal| Roemenië| Rusland1| SanMarino| Serwië| Siprus2| Slowakye| Slowenië| Spanje| Swede| Switserland| Tsjeggië| Turkye1| Vatikaanstad| Verenigde Koninkryk| Ysland
Omstrede gebiede: Kosowo| Transnistrië| Turkse Republiek van Noord-Siprus2
Afhanklike gebiede: AkrotirienDhekelië2| Faroëreilande| Gibraltar| Guernsey| JanMayen| Jersey| Eiland Man| Svalbard
1. Land deels in Asië. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.
Lande van: Afrika Asië Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika